Beiere

Freistaat Bayern
Vrystaat Beiere
Landsvlae Landswapens
Streifenflagge des Freistaates Bayern
Streifenflagge
Rautenflagge des Freistaates Bayern
Rautenflagge
Großes Staatswappen des Freistaates Bayern
Großes Staatswappen
Kleines Staatswappen
Kleines Staatswappen

Kleines Staatswappen
(Besonderhede) (Besonderhede)
Basiese gegewens
Hoofstad: München
Stigting: 1949
Oppervlak: 70 541,57 km²
1ste in Duitsland
Bevolking: 13 369 393[1] (31 Desember 2022)
2de in Duitsland
Bevolkingsdigtheid: 190 inwoners per km² 11de in Duitsland
Volkslied (Landeshymne): Gott mit dir, du Land der Bayern
BIP
 - Totaal
 - Aandeel aan Duitse BIP
2021
661,5 miljard €[2]

18,5%
Skuldlas per inwoner: 987 € (31 Desember 2019)
Totale skuldlas: 12,926 miljard €[3] (31 Desember 2019)
Werkloosheid: 3,3%[4] (Oktober 2023)
ISO 3166-2: DE-BY
Amptelike webwerf: www.bayern.de
Politiek
Eerste minister: Markus Söder (CSU)
President van die Landtag: Ilse Aigner (CSU)
Regerende partye: CSU en Freie Wähler (FW)
Setels in die parlement (Landtag)
(203 setels) (2018: 205 setels):
CSU 85 (2018: 85)
Bündnis 90/Die Grünen 32 (38)
Freie Wähler 37 (27)
AfD 32 (22)
SPD 17 (22)
Laaste verkiesing: 8 Oktober 2023
Volgende verkiesing: Laat in 2028
Parlementêre verteenwoordiging
Stemme in die Federale Raad (Bundesrat): 6 (van 69)
Kaart

Beiere (Beiers en Duits: Bayern, [ˈbaɪɐn], ), amptelik die Vrystaat Beiere (Beiers en Duits: Freistaat Bayern, [ˈfʁaɪʃtaːt ˈbaɪɐn], ), is die grootste deelstaat van Duitsland wat die hele suidooste van die land beslaan, met 'n oppervlakte van 70 541 vierkante kilometer en 'n bevolking van meer as 13 miljoen. Dit word in die noorde begrens deur die deelstate Thüringen en Sakse, in die ooste deur die Tsjeggiese Republiek, in die suide en suidooste deur Oostenryk (van wes na oos: Vorarlberg, Tirol, Salzburg en Opper-Oostenryk) en in die weste deur die deelstate Hesse en Baden-Württemberg.

Die Benediktyne-klooster Banz noord van Bamberg. Beiere was oorspronklik 'n oorwegend Rooms-Katolieke staat wat 'n godsdienstige en politieke teengewig teen die merendeels Protestantse Pruise gevorm het. As gevolg van toenemende sekularisering het die aandeel Katolieke inwoners tussen 1970 en 2011 van 70 tot 54 persent gedaal, twintig persent is lidmate van Protestantse kerke

München aan die Isarrivier is die deelstaatparlements- en regeringsetel asook die grootste stad van Beiere met 'n bevolking van meer as 1,4 miljoen.

Die huidige Vrystaat Beiere – met die term Freistaat is geen besondere regtelike status binne Duitsland se federale struktuur met sestien deelstate verbonde nie aangesien alle deelstate gelyke regte geniet – het sy historiese wortels in 'n verskeidenheid histories selfstandige politieke entiteite waarvan elkeen deur die eeue heen sy eie tradisies en kenmerke ontwikkel het.

  1. (de) "Bevölkerung: Gemeinden, Geschlecht, Stichtag". Statistieke Data. 31 Desember 2022. Besoek op 10 November 2023.
  2. (de) "Bruttoinlandsprodukt nach Bundesländern" (PDF). Statistisches Amt für Hamburg und Schleswig-Holstein. 30 Maart 2022. Besoek op 10 November 2023.
  3. (de) "Öffentliche Schulden 2019 gegenüber dem Vorjahr um 0,9 % gesunken". Destatis. 13 Augustus 2020. Besoek op 10 November 2023.
  4. (de) "Arbeitslosenquoten im Juni 2023 – Länder und Kreise". Statistik der Bundesagentur für Arbeit. Oktober 2023. Besoek op 10 November 2023.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search